Smag jy na ’n stiller, meer skeppende lewe? Waar jy vir vriende geskenke maak pleks van haastig iets wat in massa geproduseer word van ’n rak af gryp. Waar jy nader aan die aarde lewe; miskien ’n bietjie boer op jou werf; ’n groentetuin, dalk ’n hoender of twee vir vars eiers? Eenvoud wys wat jy in jou spens- en skoonmaakkas maklik self kan maak pleks van om dit te koop in plastiek verpakking: Granola, jogurt, slaaisous, sitrusskoonmaakmiddel, katoenjammerlappies... Dieselfde geld vir jou badkamerkas – kook jou eie seep, meng gesigolie en reukweerder, hekel wattelappies... Jy hoef nie ’n meestersjef of handwerkghoeroe te wees nie. Geniet die proses van met jou hande werk en iets nuuts leer; weg van die rekenaar af. En eksperimenteer – Eenvoud het ook mooi skoon bladsye waar jy notas kan neerskryf. (Plus gratis uitknip-etikette, geskenkkaartjies en ’n herwinplakaat.) Laat Eenvoud jou bystaan op die pad na ’n groener en meer skeppende en betekenisvolle lewe.
- Quick Picks
- New eBook additions
- Available now
- Most popular
- Always Available Classics
- See all ebooks collections
- Quick Picks audio
- New audiobook additions
- New teen additions
- New kids additions
- Most popular
- Available now
- Try something different
- See all audiobooks collections
- Newly Added Magazines
- Popular Magazines
- News and Politics
- Let's Get Cooking!
- Celebrity Magazines
- Arts & Crafts
- Travel & Outdoor
- Health & Fitness
- Sports
- Business & Finance
- Family & Parenting
- Kids & Teens
- Tech & Gaming
- See all magazines collections